WELKOM!
Ons het hier in Vanwyksvlei groot geword, gewoon, ons mense hier gegroet en die meeste van ons ver weg gegaan. Elkeen van ons is op ‘n manier gevorm. So ver afgeleë, so anders as waar ander mense woon.
Dit het ons uniek gemaak.
Soveel stories om te vertel, soveel wat elkeen geleer het wat ons weer aan ons kinders kan oordra. Welkom by ons speelplek , lagplek, vertelplek, deelplek en fotos wysplek. |
Opdateer: 8 Januarie 2016 |
“Baie dankie dat julle help dat ons kan onthou…” Johnny Visser |
Terme en Voorwaardes
Ons projek is meer as ’n jaar aan die gang. Meer as 2500 besoekers het kom kuier.
Ons (Annien en VDS) het ontmoet en so vorentoe gedink:
· Die herinneringe aanhou want dit is die hart van ons projek. · Kinders en kleinkinders van oral oor kom kyk die fokus na hulle skuif en dit wat ons geleer het van gister verpak om môre ’n beter plek te maak. · Gaan kyk na ander voorbeelde van hoe dit gedoen word en aanpas. Nooit goedkoop kommersieël word nie. · Ons Markplein wel uitbou, maar dit interessant hou en net vir ons en ons nasate. · Ons hou die reg voor om bydraes netjies te maak en enige bitsigheid uit te haal. (Bv ’n hele storie van VDS oor ’n onderwyser is afgehaal) · VDS dra die koste van die domain, maar indien daar enige Google Adsense inkomste wees, dit gebruik om dit te verhaal en Annien te vergoed vir telefoon koste. · ‘n Boek skryf oor so-maak-mens om ’n klein dorpie web projek te skep. Sou dit verkoop, besluit ons saam op ’n liefdadigheid om dit voor te skenk.
Die sukses en toekoms van die projek hang net af of ons bydraes kry.
Stuur asseblief nog! |
In die begin Al die pad uit die Verenigde Koningkryk kom hy. Landmeter van formaat en lei die bou van die heel eerste staats water projek in ons land. ‘n Dorp ontstaan met alle eer aan GARWOOD ALSTON (Foto geneem by die huis van sy agterkleinseun, in Vryheid op 5/7/2013. Dank aan Cedric Alston) |
Die 1962 kerkraad
Met dank aan Dawid Rossouw.
Inlas: C Pieters
Agter: C Augustyn, G.le Roux, P.Rousseau, D.Rossouw, M.du Toit, D.Luttig
Voor: C.White, J.Bruwer, J.van Wyk, Ds J.Brink, J.Fourie, C. le Roux,
G.Walters (koster). |